Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Hooglied" deur LINA SPIES
"Hooglied" deur LINA SPIES [boodskap #19316] Ma, 23 November 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
          HOOGLIED
           Lina Spies

Ek is 'n afgesnyde koringland
met net 'n paar gerwe langs die kant,
'n geplukte wingerd met net 'n paar trosse
               vir die vreemdeling
                   die arm verbyganger
                      die nie-grondbesitter.

Ek het my aan jou gegee
vir die trapvloer en die wynpers
en nou gee ek jou die brood terug
om daaraan te stik
en die volle beker wyn
dat dit mag smaak presies net soos asyn.

Ek is bruin soos Salomo se Sulamutiese
omdat ek woon by die tente van Kedar,
                      'n Bedoeïn is
                         'n woestyn-mens
                             'n nie-gevestigde.

Net: jy is geen Salomo nie,
jy besit nóg die wysheid nóg die koningskap,
omdat jy my nie meer bring in die wynhuis nie.

Sou jy dit doen,
sal ek weer vol in die aar staan
en die plukkers versamel onder my donker, uitgeswelde trosse
soos die jaloerse dogters van Jerusalem.
Re: "Hooglied" deur LINA SPIES [boodskap #19331 is 'n antwoord op boodskap #19316] Di, 24 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
ekspat  is tans af-lyn  ekspat
Boodskappe: 6
Geregistreer: November 1998
Karma: 0
Junior Lid
Asseblief nog meer van Lina Spies asseblief ou Gloudina!!!   Sommer die
hele album, so stuk-stuk.  Dank je wel!!

S

@igs.net wrote in article ...
>
>             HOOGLIED
>              Lina Spies
>
>  Ek is 'n afgesnyde koringland
>  met net 'n paar gerwe langs die kant,
>  'n geplukte wingerd met net 'n paar trosse
>                  vir die vreemdeling
>                      die arm verbyganger
>                         die nie-grondbesitter.
>
>  Ek het my aan jou gegee
>  vir die trapvloer en die wynpers
>  en nou gee ek jou die brood terug
>  om daaraan te stik
>  en die volle beker wyn
>  dat dit mag smaak presies net soos asyn.
>
>  Ek is bruin soos Salomo se Sulamutiese
>  omdat ek woon by die tente van Kedar,
>                         'n Bedoeïn is
>                            'n woestyn-mens
>                                'n nie-gevestigde.
>
>  Net: jy is geen Salomo nie,
>  jy besit nóg die wysheid nóg die koningskap,
>  omdat jy my nie meer bring in die wynhuis nie.
>
>  Sou jy dit doen,
>  sal ek weer vol in die aar staan
>  en die plukkers versamel onder my donker, uitgeswelde trosse
>  soos die jaloerse dogters van Jerusalem.
>
Vorige onderwerp: "Steenbok" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Lied van die Kinders" deur LINA SPIES
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 07:09:02 MGT 2024